Matthew 12:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En elkeen wat 'n woord teen die Seun van die mens spreek, hom sal dit vergewe word; maar elkeen wat teen die Heilige Gees spreek, dit sal hom nie vergewe word nie, ook nie in hierdie wêreld of in die toekomstige wêreld nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Enigiemand wat iets teen My, die Seun van die Mens, sê — dit sal daardie persoon vergewe word. Maar wie die Heilige Gees belaster, sal nooit vergewe word nie, nie in hierdie wêreld nie en ook nie in die toekomstige een nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En elkeen wat 'n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie. |
| Afrikaans 1983 | As iemand iets teen die Seun van die mens sê, kan dit hom vergewe word; maar as iemand iets teen die Heilige Gees sê, kan dit hom nie vergewe word nie, nie in hierdie bedeling nie en ook nie in die toekomstige nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En wie iets teen die •Seun van die Mens sê, dit sal hom vergewe word. Maar wie iets teen die Heilige Gees sê, dit sal hom nie vergewe word nie, nóg in hierdie bedeling, nóg in die een wat kom.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As iemand iets sê teen die Seun van die mens, dan sal God dit vergewe, maar as iemand iets sê teen die Heilige Gees, dan sal God dit nooit vergewe nie, nie in hierdie lewe nie, en ook nie in die lewe wat sal kom nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle kan liewer nog hierdie dinge van My sê, maar moenie dit van die Heilige Gees sê nie. Dan is julle regtig in groot moeilikheid by God. God sal julle dit nooit vergewe nie. |