Matthew 12:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Of hoe kan iemand in die huis van 'n sterk man ingaan en sy besittings buit, as hy nie eers die sterk man bind nie? en dan sal hy sy huis verwoes.
Afrikaans (NLV) 2011 Dis tog onmoontlik vir iemand om in ’n sterk man se huis in te gaan en hom van sy goed te beroof as hy daardie sterk man nie eers vooraf vasgebind het nie. Eers dan sal hy sy huis kan beroof.
Afrikaans 1933/1953 Of hoe kan iemand in die huis van 'n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.
Afrikaans 1983 “Hoe kan iemand tog by die huis van 'n sterk man ingaan en sy goed vat as hy nie vooraf die sterk man vasbind nie? Eers dan sal hy sy huis kan beroof.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Of hoe kan iemand in die huis van 'n sterk man ingaan om sy besittings te steel as hy nie eers die sterk man vasbind nie? Eers dan sal hy sy huis beroof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Mens kan nie maklik in die huis van 'n sterk man ingaan en sy goed steel nie. Nee, jy moet eers die sterk man vasbind, dan kan jy alles in sy huis steel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Kom ons gebruik ’n beeld. Hoe op aarde dink julle sal dit moontlik wees om sommer by die huis van ’n sterk, gesonde man in te stap en voor hom al sy goed te steel? Hy sal jou mos keer, tensy jy hom eers oorrompel en stewig vasbind. “Wat sê hierdie argumente vir julle? Dít, dat julle kan aflei aan wie se kant Ek staan.