Matthew 12:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as Ek deur die Gees van God duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God na julle gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar as dit die Gees van God is wat My in staat stel om die duiwels uit te dryf, moet julle besef dat die koningsheerskappy van God nou by julle is.
Afrikaans 1933/1953 Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.
Afrikaans 1983 “Aangesien Ek deur die Gees van God die bose geeste uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as Ek deur die Gees van God die demone uitdryf, dan het die •koninkryk van God julle bereik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die Gees van God wat My help om duiwels uit te jaag, en dit bewys dat God die Koning is wat begin regeer het oor julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle sal agterkom dat Ek die demone deur die hulp en krag van God se Gees verwilder. Dan sal julle ook moet toegee: waar Ek hier tussen julle werk, is God ook aan die werk. Hy heers tog oor alles en almal.