Matthew 12:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as Ek deur Beëlsebul duiwels uitdryf, deur wie dryf julle kinders hulle uit? daarom sal hulle julle regters wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En as Ek met die krag van Beëlsebul die duiwels uitdryf, met wie se hulp doen julle volgelinge dit dan? Daarom sal hulle julle regters wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees. |
| Afrikaans 1983 | En as Ek met Beëlsebul se hulp die bose geeste uitdryf, met wie se hulp doen julle volgelinge dit dan? Julle eie volgelinge sal as julle regters optree en wys dat julle verkeerd is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En as Ek deur Beëlsebul die demone uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle regters oor julle wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En as Beëlsebul My help om duiwels uit te jaag uit mense, wie help dan julle leerlinge om duiwels uit mense uit te jaag? Julle eie leerlinge bewys dat julle verkeerd is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As julle sê Ek kan dit net doen omdat Ek die duiwel se groot vriend is, wie se vriende maak dit julle? Toe, werk die antwoord uit. As julle die regte antwoord gekry het, sal julle ook weet waarom Ek demone kan verjaag. |