Matthew 12:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hierdie man dryf nie duiwels uit nie, maar deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die Fariseërs egter van die wonder hoor, het hulle geskimp: “Geen wonder dat Hy duiwels kan uitdryf nie. Hy kry sy krag immers van Beëlsebul, die baasduiwel.”
Afrikaans 1933/1953 Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.
Afrikaans 1983 Die Fariseërs het hiervan gehoor en gesê: “Hy dryf bose geeste uit alleen met die hulp van Beëlsebul, die aanvoerder van die bose geeste.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die •Fariseërs hiervan te hore kom, het hulle gesê: “Dit is slegs deur Beëlsebul, die aanvoerder van die demone, dat hierdie man demone uitdryf.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Fariseërs het gehoor wat die mense sê, en die Fariseërs het vir mekaar gesê: “Jesus jaag duiwels uit mense, maar Beëlsebul, die leier van die duiwels, help vir Jesus om die duiwels uit te jaag.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Fariseërs was glad nie gelukkig toe hulle die mense dit hoor sê nie. “Nee wat, moenie julle laat kul nie,” het hulle probeer keer. “Hierdie man is baie goeie vriende met die duiwel self. Daarom luister die bose geeste so na hom.”