Matthew 12:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Geknakte riet sal hy nie breek nie, en rokende vlas sal hy nie uitblus nie, totdat hy die oordeel tot oorwinning uitstuur.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal dié wat reeds geknak is, nie nog verder verbrysel nie en die vonkie hoop wat nog oorgebly het, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy my besluit laat seëvier.
Afrikaans 1933/1953 'n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en 'n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring.
Afrikaans 1983 'n Riet wat geknak is, sal Hy nie afbreek nie en 'n lamppit wat rook, nie uitdoof nie; Hy sal die wil van God laat seëvier.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Geknakte riet sal Hy nie afbreek nie, en 'n rokende lamppit sal Hy nie uitdoof nie, totdat Hy die reg laat seëvier.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Dienaar sal nie 'n stukkende riet afbreek nie. Hy sal nie 'n lamp wat dof brand, doodblaas nie. Ja, Hy sal jammer wees vir die mense wat swaarkry en wat swak is. Hy sal dit doen totdat Ek gedoen het wat Ek wil doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand wat seergekry het, sal Hy nie seerder maak nie. Hy sal ook nie iemand wat in die moeilikheid is, verder in die moeilikheid bring nie; inteendeel! Hy help mense om die geestelike wenpaal te haal. Hulle sal dan nie meer oor God se oordeel bekommerd hoef te wees nie.