Matthew 12:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar is my kneg wat Ek uitverkies het; my beminde, in wie my siel 'n welbehae het; Ek sal my Gees op hom lê, en hy sal die oordeel aan die heidene bekend maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hier is my Dienskneg wat Ek uitgekies het. Hom het Ek lief. Hy maak my hart baie bly. Ek sal my Gees op Hom laat rus en Hy sal my besluit aan die nasies bekendmaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel 'n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig. |
| Afrikaans 1983 | “Hier is my Dienaar wat Ek aangestel het, my Geliefde oor wie Ek My verheug; Ek sal my Gees op Hom laat kom, en Hy sal die wil van God aan die nasies bekend maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Kyk, my Dienskneg wat Ek gekies het, my Geliefde oor wie Ek My verbly! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal die reg aan die nasies verkondig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “God sê: Hier is my Dienaar. Ek het Hom gekies om vir My te werk. Ek is lief vir Hom. Hy maak My bly. Ek sal my Heilige Gees vir Hom gee en Hy sal vir al die volke vertel wat Ek wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dit is my Seun dié wat Ek uitgekies het, Ek het Hom baie lief. Hy maak My so bly. Hy sal die krag hê wat my Gees gee, met die finale oordeel sal Hy die regter oor alle mense wees. |