Matthew 12:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Hy vir die man: Steek jou hand uit. En hy het dit uitgespan; en dit is heel herstel soos die ander. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna sê Hy vir die man: “Steek uit jou hand.” Hy het dit uitgesteek, en dit het gesond geword. Dit was normaal net soos die ander een. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en dit is herstel, gesond soos die ander een. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Hy vir die man: “Steek jou hand uit.” Hy het dit gedoen, en sy hand was reg soos die ander een. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Hy vir die man: “Steek uit jou hand!” Hy het dit uitgesteek en dit het gesond geword, gesond soos die ander een. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus sê toe vir die man: “Steek jou hand uit.” Die man het sy hand uitgesteek, en toe was sy hand gesond, dit was soos die ander hand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus sê toe vir die gebreklike man: “Maak jou hand oop en hou dit na My toe uit.” Die man het sy hand uitgesteek, en dit was honderd persent reg. |