Matthew 12:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy sê vir hulle: Watter man sal daar onder julle wees wat een skaap sal hê, en as dit op die sabbatdag in 'n put val, sal hy dit nie gryp en uithaal nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Daarop antwoord Hy hulle: “Sou enigeen van julle, as sy enigste skaap op die Sabbatdag in ’n sloot val, versuim om hom te gryp en uit te trek? Natuurlik nie!
Afrikaans 1933/1953 Maar Hy sê vir hulle: Watter mens sal daar onder julle wees wat een skaap het, en as dit op die sabbat in 'n sloot val, dit nie sal gryp en uithaal nie?
Afrikaans 1983 Hy sê toe vir hulle: “Wie van julle sal nie die een skaap wat hy het en wat op 'n sabbatdag in 'n sloot val, dadelik uithaal nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het egter vir hulle gesê: “Watter mens onder julle wat net een skaap het, sal dit nie gryp en uithaal as dit op die Sabbat in 'n sloot val nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het vir hulle gesê: “As een van julle een skaap het, en die skaap val op die Sabbatdag in 'n watersloot, wat sal julle doen? Julle sal dadelik die skaap gryp en uit die sloot uithaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Jesus het dwarsdeur hulle plannetjies gesien. “Sê nou ’n man het net een skaap. Op die sabbat val daardie skaap in ’n diep gat en bly daar lê, hulpeloos. Wie sal nie sy skaap probeer beetkry en uit die gat help nie? Natuurlik sal julle almal dit doen, nie waar nie?