Matthew 12:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, daar was 'n man met sy hand verdroog. En hulle het Hom gevra en gesê: Is dit geoorloof om op die sabbat te genees? dat hulle hom kan aankla.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar sien Hy ’n man met ’n misvormde hand. Hulle vra Hom toe: “Mag ’n mens iemand op die Sabbat gesond maak?” (Hulle het natuurlik gehoop Hy sou ja antwoord sodat hulle ’n klag teen Hom kon lê.)
Afrikaans 1933/1953 En daar was 'n man met 'n verdorde hand, en hulle het Hom gevra en gesê: Is dit geoorloof om op die sabbat gesond te maak? -- sodat hulle Hom sou kan aanklae.
Afrikaans 1983 Daar was juis 'n man met 'n gebreklike hand. Hulle vra Hom toe: “Mag 'n mens iemand op die sabbatdag gesond maak?” Hulle bedoeling daarmee was om 'n klag teen Hom te kry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En kyk, daar was 'n man met 'n verdorde hand. Om Hom te kon aankla, vra hulle Hom toe: “Is dit toelaatbaar om iemand op die Sabbat gesond te maak?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die sinagoge was daar 'n man met 'n gebreklike hand. Party van die Jode wou Jesus beskuldig dat Hy verkeerd gedoen het. Toe vra hulle vir Hom: “Mag 'n mens iemand gesond maak op die Sabbatdag?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die sinagoge was daar ’n gebreklike man wie se hand heeltemal inmekaargetrek was. Die Jode het geweet dat Jesus graag sulke mense help en het hier ’n kans gesien om Hom in die moeilikheid te bring. As Hy hierdie man op die sabbat sou help, sou hulle Hom mos daarvan kon aankla dat Hy God se wet breek. Om Hom uit te lok vra hulle toe: “Sou jy sê dat ’n mens op die sabbat so ’n persoon gesond mag maak?”