Matthew 11:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun, en aan wie die Seun hom ook al wil openbaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “My Vader het alles aan My toevertrou. Niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader. En niemand ken die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun die Vader wil bekendmaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar. |
| Afrikaans 1983 | “My Vader het alles aan My toevertrou, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; en ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun Hom wil bekend maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Alles is deur my Vader aan My toevertrou. En niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader, en niemand ken die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun Hom bekend wil maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het ook gesê: “My Vader het alles vir My gegee. Niemand ken regtig vir My, die Seun van God nie, net die Vader ken My. En niemand ken regtig die Vader nie, net Ek, die Seun van God, ken die Vader. En watter mense ken die Vader? Net as die Seun vir mense help om te weet wie die Vader is, dan ken hulle ook die Vader. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na die gebed gesels Jesus toe verder met die mense: “My Vader het My gevra om al hierdie dinge op die aarde te kom doen. Hy het ook vir My alles gegee wat Ek nodig het om dit wel te kan doen. Ek en my Vader het geen geheime vir mekaar nie. Ons ken mekaar deur en deur. Niemand ken Ons soos Ons mekaar ken nie. Wil julle die Vader so leer ken? Ek kan julle aan |