Matthew 11:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy, Kapernaum, wat tot die hemel toe verhef is, sal na die hel neergewerp word; want as die magtige werke wat in jou gedoen is, in Sodom plaasgevind het, sou dit gebly het tot vandag toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En jy, Kapernaum, jy dink tog seker nie jy sal hemelhoog verhoog word nie? Die realiteit is dat jy in die doderyk sal beland. “Want as in Sodom die wonderdade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou dit tot vandag toe bly voortbestaan het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy, Kap,rnaÂm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word; want as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy bly staan het tot vandag toe. |
| Afrikaans 1983 | En jy, Kapernaum, dink jy “ ‘jy sal tot die hemel toe verhoog word? Nee, jy sal tot in die doderyk afdaal.’ “As in Sodom die wonderdade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy tot vandag toe nog bly staan het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En jy, Kapernaum, “ ‘Sal jy tot die hemel toe verhoog word? Nee, jy sal na Hades afdaal!’ “Want as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou dit bly staan het tot vandag toe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En julle wat in Kapernaum woon, julle dink God sal vir julle eer gee en julle optel tot in die hemel. Nee! Hy sal julle verneder en Hy sal julle laat val tot in die hel. Ek het baie wonderwerke by julle gedoen. As Ek dieselfde wonderwerke in Sodom gedoen het, dan sou daardie mense verander het en begin lewe het soos God wil hê. En dan was Sodom vandag nog daar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mense van Kapernaum, wat dink julle van julleself? Dink julle God gaan vir julle spesiale plekke in die hemel gee? Dan wag daar vir julle ’n baie groot ontnugtering! Julle plekke is eerder in die warm plek bespreek. Julle onthou mos nog hoe daardie sondige stad Sodom deur God vernietig is? |