Matthew 11:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hy begin om die stede waarin die meeste van sy magtige werke gedoen is, te verwyt, omdat hulle hulle nie bekeer het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het die dorpe waar die meeste van sy wonderdade plaasgevind het, ernstig aangespreek omdat hulle hulle nie bekeer het nie:
Afrikaans 1933/1953 Toe het Hy die stede waarin die meeste van sy kragtige dade plaasgevind het, begin verwyt, omdat hulle hul nie bekeer het nie:
Afrikaans 1983 Toe het Jesus die dorpe waarin Hy die meeste van sy wonderdade gedoen het, begin verwyt omdat hulle hulle nie bekeer het nie:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het Jesus begin om die stede waarin die meeste van sy kragtige dade plaasgevind het, te verwyt, omdat hulle hulle nie bekeer het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het die meeste van sy wonderwerke gedoen in 'n paar stede. Maar die mense in hierdie stede het nie verander nie en hulle het nie begin lewe soos God wil hê mense moet lewe nie. Jesus het toe kwaai begin praat met hulle en gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iets anders het Jesus ook gepla. In sekere dorpe het Hy baie gepreek en ook baie wonderlike dinge daar gedoen. Eintlik kon die mense nie oor sy wonderkrag twyfel nie. Ten spyte van dit alles het hulle bloot hulle skouers opgetrek en aangegaan asof niks gebeur het nie.