Matthew 11:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die Seun van die mens het gekom en eet en drink, en hulle sê: Daar is 'n vraat man en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en sondaars. Maar wysheid word deur haar kinders geregverdig.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek, die Seun van die Mens, hou van gesellige maaltye — Ek eet en drink wyn — en julle sê: ‘Hy’s ’n vraat en ’n dronklap, ’n vriend van die slegste soort sondaars.’ Ja, die toets vir die wysheid is die resultate wat dit voortbring.”
Afrikaans 1933/1953 Die Seun van die mens het gekom -- Hy eet en drink, en hulle sê: Dr is 'n mens wat 'n vraat en 'n wynsuiper is, 'n vriend van tollenaars en sondaars. Maar die wysheid is geregverdig deur sy kinders.
Afrikaans 1983 Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, en hulle sê: ‘Kyk daar, 'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en sondaars.’ Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die •Seun van die Mens het gekom, en Hy eet en drink, “en hulle sê, “ ‘Kyk, Hy is 'n vraat en 'n suiplap, 'n vriend van •tollenaars en sondaars.’ “Maar die wysheid word deur haar dade reg bewys.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nou het Ek, die Seun van die mens, gekom en Ek vier graag fees. Nou sê die mense: ‘Hy is 'n vraat en 'n dronklap. Hy is 'n vriend van tollenaars en van mense wat nie doen wat die Here in sy wette sê nie.’ Die dinge wat Ek en Johannes doen, wys dat ons van God kom. Mense wat in ons glo, weet regtig wat die wysheid van God is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daarna kom Ek toe onder skoot. Ek het mos lekker saam met my vriende geëet. Ook dit was nie goed nie. Oor My het hulle weer die volgende kwytgeraak: ‘Het julle gesien hoe baie eet hy? Skande, dat iemand hom darem so te buite kan gaan! En wat nog erger is, hy doen dit saam met daardie skurke wat ons wet so minag.’ “Ja-nee, al wat hierdie mense kan doen, is kritiseer. Maar hoe voel God daaroor? Wel, God kyk na die gevolge van wat iemand doen. Dan besluit Hy of dít wat daardie persoon doen, goed of sleg is.”