Matthew 11:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en gesê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het oor julle getreur, en julle het nie getreur nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | deur te sê: ‘Ons het vir julle ’n bruilofslied gespeel, maar julle wou nie dans nie. Ons het vir julle ’n begrafnislied gesing, maar julle het geweier om te huil.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | en sê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle 'n klaaglied gesing, en julle het nie getreur nie. |
| Afrikaans 1983 | “ ‘Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie! Ons het 'n treurlied gesing, en julle het nie gehuil nie!’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Ons het vir julle fluit gespeel, maar julle wou nie dans nie; ons het 'n treurlied gesing, maar julle wou nie weeklaag nie!’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party kinders sê: “ ‘Ons het vir julle trou-musiek op die fluit gespeel, maar julle wou nie dans nie.’ “En die ander kinders sê: “ ‘Ons het vir julle 'n begrafnis-lied gesing, maar julle wou nie huil nie.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ‘Ons speel musiek, maar dit is julle wat nie wil dans nie. Ons sing liedjies, maar julle sit daar soos ’n klomp lyke asof julle dit nie hoor nie.’ Hierdie kinders is met niks en niemand tevrede nie. Kyk net wat doen hulle: |