Matthew 10:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit; verniet het julle ontvang, gee verniet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maak siekes gesond, laat dooies opstaan, reinig dié met ernstige velsiektes, dryf duiwels uit. Julle het hierdie volmag verniet ontvang. Doen daarom julle werk ook verniet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee. |
| Afrikaans 1983 | Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maak die siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses, dryf demone uit. Julle het dit verniet gekry – verniet moet julle dit uitdeel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet siek mense gesond maak en julle moet mense wat gesterf het, weer laat lewe. Julle moet melaatse mense gesond maak en julle moet duiwels uit mense jaag. Julle het nie betaal om hierdie krag te kry nie. Ander mense moet ook nie betaal wanneer julle vir hulle help nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Doen onder hulle wat julle My die afgelope tyd sien doen het: gaan maak siek mense gesond; gaan gee aan dooies weer lewe; gaan maak melaatses gesond, en gaan help mense wat in die mag van demone is om daarvan ontslae te raak. “Doen al hierdie dinge sodat mense die teenwoordigheid en grootheid van God self persoonlik kan ervaar. En onthou, hierdie dinge het julle nie self verdien nie. Ek het dit gratis vir julle gegee. Gaan gee dit daarom ook verniet aan ander weg.” |