Matthew 10:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En elkeen wat aan een van hierdie kleintjies 'n beker koue water net in die naam van 'n dissipel te drinke gee, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal geensins sy beloning verloor nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs as jy ’n beker koue water aan een van my geringste dissipels sou gee bloot omdat hy ’n dissipel is, verseker Ek jou dat jy jou beloning nie sal misloop nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En elkeen wat een van hierdie kleintjies net 'n beker kou water laat drink, omdat hy 'n dissipel is, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie. |
| Afrikaans 1983 | Wie aan een van hierdie geringstes net 'n beker koue water gee omdat hy my dissipel is, sál sy beloning kry. Dit verseker Ek julle.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En wie aan een van hierdie geringes 'n beker koue water gee om te drink, bloot omdat hy 'n dissipel is – •Amen, Ek sê vir julle: Hy sal beslis sy beloning nie kwyt wees nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Daar is mense wat dink party van my dissipels is nie belangrike mense nie. Maar iemand wat vir een van hulle 'n beker koue water gee net omdat hy my dissipel is, vir hom sal God baie goeie dinge gee. Ek sê dit vir julle, dit is baie seker.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Luister mooi. Weet julle wie kan seker wees van sy plek by God in die hemel? Kom Ek sê vir julle: sê nou ’n vriend van My is dors. Ek praat nou van ’n vriend van My aan wie niemand hulle eintlik steur nie omdat hy arm is en geen aansien het nie. Iemand sien hy is dors en stap nader met ’n beker koue water in sy hand. Hy gee dit vir my vriend. Saam met die beker water gee hy ook sy vriendskap vir hierdie onbelangrike man. As die dors man vra: ‘Waarom doen jy dit?’ antwoord die ander man: ‘Omdat jy Jesus se vriend is.’ Wel, vir so iemand sal God ook sorg.” So het Jesus sy dissipels voorberei vir wat op hulle wag. Daarna is Jesus na die omliggende dorpies toe om die mense verder van God te vertel. |