Matthew 10:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat 'n profeet in die naam van 'n profeet ontvang, sal 'n profeet se beloning ontvang; en hy wat 'n regverdige ontvang in die naam van 'n regverdige, sal 'n regverdige se beloning ontvang.
Afrikaans (NLV) 2011 As jy ’n profeet verwelkom omdat hy God se boodskap bring, sal jy dieselfde beloning kry as ’n profeet. En as jy iemand wat reg lewe, verwelkom omdat hy reg lewe, sal jy dieselfde beloning as hy ontvang.
Afrikaans 1933/1953 Wie 'n profeet ontvang omdat hy 'n profeet is, sal die loon van 'n profeet ontvang; en wie 'n regverdige ontvang omdat hy 'n regverdige is, sal die loon van 'n regverdige ontvang.
Afrikaans 1983 Wie 'n profeet ontvang omdat hy 'n profeet is, sal 'n profeet se beloning ontvang; en wie 'n goeie mens ontvang omdat hy goed is, sal 'n goeie mens se beloning ontvang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie 'n profeet ontvang omdat hy 'n profeet is, sal die beloning van 'n profeet kry, en wie 'n •regverdige ontvang omdat hy 'n regverdige is, sal die beloning van 'n regverdige kry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het vir die profete alles gegee wat hulle nodig gehad het. Hy sal ook goed wees vir elkeen wat vir 'n profeet sê hy is welkom omdat hy 'n profeet is. God gee goeie dinge vir iemand wat goed doen. God sal ook goeie dinge gee vir elkeen wat vir 'n goeie man sê hy is welkom omdat hy goed doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As iemand bereid is om na die boodskapper van God te luister, sal hy mos God ook met hom hoor praat. Maak dus vriende met mense wat reg lewe, net soos julle. Julle wil tog graag doen wat God wil hê. God sal vir julle goed wees.