Matthew 10:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat sy lewe vind, sal dit verloor; en hy wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy selfsugtig aan jou eie lewe vasklou, sal jy dit verloor. Maar as jy dit ter wille van My opoffer, sal jy werklik voluit lewe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind. |
| Afrikaans 1983 | “Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wie sy lewe behou, sal dit verloor, en wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit behou.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As iemand my dissipel wil wees, maar hy wil aanhou lewe en hy wil nie sterf omdat hy My dien nie, dan sal hy sy lewe verloor. Maar iemand wat sterf omdat hy My dien, sal aanhou lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie egter bereid is om aardse opofferings te maak omdat hy My bo alles liefhet, sal ontdek wat dit beteken om werklik te leef. |