Matthew 10:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat Ek vir julle in die duisternis sê, dit spreek julle in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig julle op die dakke. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat Ek vir julle vertroulik sê, vertel dit vir almal. En wat in julle ore gefluister word, basuin dit van die dakke af. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke. |
| Afrikaans 1983 | Wat Ek vir julle in die donker sê, moet julle in die daglig sê, en wat in julle oor gefluister word, moet julle van die dakke af uitbasuin. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat Ek vir julle in die donker sê, sê dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit van die dakstoepe af. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Alles wat Ek vir julle in die geheim sê, moet julle vir almal vertel. Ek het baie dinge net vir julle gesê, maar julle moet op die huise se dakke staan en dit vir almal vertel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wat Ek vir julle gesê het toe ons alleen was, moet julle vir almal gaan vertel. Ons het oor baie dinge hier onder ons gepraat. Dit moet nie net hier tussen ons bly nie. Die hele wêreld moet dit hoor. |