Matthew 10:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vrees hulle dan nie, want daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie; en weggesteek, dit sal nie bekend word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie vir hulle bang wees nie! Die tyd kom wanneer alles wat op die oomblik nog weggesteek word, aan die lig sal kom en alles wat nou nog geheim is, bekendgemaak sal word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie. |
| Afrikaans 1983 | “Moet dus nie vir mense bang wees nie. Daar is niks bedek wat nie openbaar gemaak sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Moet hulle daarom nie vrees nie; daar is immers niks bedek wat nie openbaar sal word nie, en niks verborge wat nie bekend sal word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle moenie bang wees vir daardie mense nie. God is Koning, niemand kan hierdie geheim wegsteek nie. Almal sal dit sien en daarvan weet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Moenie toelaat dat mense julle op allerhande maniere probeer bangmaak nie. Leuens kan nie die waarheid in ’n bottel toeskroef en dit weggooi nie. Die waarheid sal uitkom vir almal om te hoor. |