Matthew 10:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is genoeg vir die dissipel dat hy soos sy heer is en die dienskneg as sy heer. As hulle die eienaar van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sal hulle hulle van sy huisgesin noem? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Leerling behoort tevrede daarmee te wees as dit met hom gaan soos met sy onderwyser, en die slaaf soos met sy baas. As hulle My, die hoof van die huishouding, as die baasduiwel uitskel, watter nare dinge sal hulle dan nie van julle, my huismense, sê nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer. As hulle die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote! |
| Afrikaans 1983 | 'n Leerling moet tevrede wees as dit met hom gaan soos met sy leermeester, en 'n slaaf as dit met hom gaan soos met sy eienaar. As hulle die hoof van die huis die skeldnaam Beëlsebul gegee het, sal hulle dan nie sy huisgenote met baie erger name uitskel nie?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is voldoende vir die leerling om soos sy leermeester, en vir die slaaf om soos sy eienaar te word. As hulle die huisheer Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer nie die huismense nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Dissipel moet tevrede wees wanneer dit met hom gaan soos met sy meneer. 'n Slaaf moet tevrede wees wanneer dit met hom gaan soos met sy eienaar. As die mense vir die hoof van die huis sê hy is Beëlsebul, dan moet die mense in sy huis weet dat die mense vir hulle nog slegter dinge sal sê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hierdie mense die kaptein van die span vir ’n ‘duiwelskind’ uitskel, wat dink julle sal hulle die res van die span noem? “Al die probleme mag julle dus nie moed laat verloor nie. Die wêreld lê voor julle oop as sendingveld. As mense julle uit die een dorp wegjaag, is daar tien ander om na toe te gaan. Sowaar, daar is so baie werk dat julle nie eens behoorlik met die dorpe in Israel klaar sal kry voor die wederkoms nie. Julle kan nie net op een plek bly nie. |