Matthew 10:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar wanneer hulle julle in hierdie stad vervolg, vlug na 'n ander; want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal nie deur die stede van Israel getrek het voordat die Seun van die mens gekom het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 As hulle julle in die een dorp vervolg, vlug dan na die ander een toe. Ek verseker julle, julle sal nie klaarkry met die dorpe van Israel voordat Ek, die Seun van die Mens, kom nie.
Afrikaans 1933/1953 En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die mens kom nie.
Afrikaans 1983 As hulle julle in een dorp vervolg, vlug na 'n ander een toe. Dit verseker Ek julle: Julle sal sekerlik nie klaar wees met die dorpe van Israel voordat die Seun van die mens kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer hulle julle in die een stad vervolg, vlug na 'n ander. •Amen, Ek sê vir julle: Julle sal nie al die stede van Israel kan besoek voordat die •Seun van die Mens kom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die mense in een stad slegte dinge doen aan julle, dan moet julle na 'n ander stad vlug. Ek sê vir julle, en dit is seker: Julle sal nog nie klaar wees nie met die werk wat julle moet doen in al die stede van Israel, dan sal Ek kom, Ek, die Seun van die mens.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Julle sal deur al hierdie mense gehaat word net omdat julle my kant gekies het. Maar moenie dat dit julle moedeloos maak nie. Julle het iets baie groters om na uit te sien. Die een wat deur al hierdie swaarkry heen steeds vas agter My bly staan, se plek is by God in sy nuwe wêreld bespreek. “Die kaptein van ’n span wen of verloor nie alleen nie; sy span wen of verloor saam met hom. Die kaptein se lot is almal se lot. Aanvaar daarom julle lot saam met My.