Matthew 10:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die broer moet die broer aan die dood oorgee en die vader die kind; en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die een broer sal die ander een oorgee om doodgemaak te word en ’n pa sy kind. Kinders sal teen hulle ouers optree en so hulle dood veroorsaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. |
| Afrikaans 1983 | “Die een broer sal die ander uitlewer om doodgemaak te word, en selfs 'n pa sy kind; kinders sal teen hulle ouers in opstand kom en hulle doodmaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Broer sal broer oorlewer om doodgemaak te word, en 'n vader sy kind. En kinders sal in opstand kom teen ouers en hulle doodmaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een broer sal 'n ander broer hof toe vat en vra dat die hof hom moet straf en doodmaak, en so sal 'n pa ook sy kind hof toe vat. Kinders sal opstandig wees teen hulle ouers en hulle sal hulle ouers laat doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit sal tot gebeur dat ’n broer teen sy eie broer draai, of ’n pa teen sy kind. Glo dit of nie, sulke mense sal teen hulle eie bloedfamilie draai. Hulle sal selfs wil hê dat hulle doodgemaak moet word. Later sal die kinders selfs soos rebelle die mag in eie hande neem en sommer hulle eie pa en ma doodmaak.” |