Matthew 10:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar wanneer hulle julle oorgee, moenie dink hoe of wat julle moet spreek nie, want in daardie selfde uur sal julle gegee word wat julle sal spreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer hulle julle oorgee, moenie julle bekommer oor wat julle ter verdediging moet sê nie, want die regte woord sal op die regte tyd vir julle gegee word.
Afrikaans 1933/1953 Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;
Afrikaans 1983 Wanneer hulle julle uitlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe of wat julle moet sê nie, want op daardie oomblik sal God aan julle gee wat julle moet sê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En wanneer hulle julle oorlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe en wat julle moet sê nie, want wat julle moet sê, sal op daardie oomblik aan julle gegee word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En wanneer die mense julle hof toe vat, dan moet julle nie bekommerd wees oor wat julle moet sê nie, want God sal vir julle sê wat julle dan moet sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As hulle julle voor die hof sleep, hoef julle nie oor prokureurs of advokate bekommerd te wees nie. Julle hoef nie te wonder oor hoe julle julle gaan verdedig nie. God gaan julle verdedig. Wie weet beter as Hy wat om te sê? Wanneer julle beurt dus kom om iets te sê, sal die regte woorde wel daar wees.