Matthew 10:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle sal voor goewerneurs en konings gebring word ter wille van My, as 'n getuienis teen hulle en die heidene.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sal voor goewerneurs en konings gesleep word ter wille van My. Dit sal vir julle ’n geleentheid wees om voor hulle en die volke van My te getuig.
Afrikaans 1933/1953 En ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil tot 'n getuienis vir hulle en vir die heidene.
Afrikaans 1983 Ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word ter wille van My. Dit sal julle geleentheid wees om voor hulle en voor die heidennasies van My te getuig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Voor prokurators en konings sal julle om my ontwil gesleep word, sodat julle voor hulle en voor die heidene kan getuig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense sal julle hof toe sleep voor goewerneurs en konings omdat julle aan My behoort. Dan sal julle vir die konings en die mense wat nie Jode is nie, kan sê wie Ek is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Om twee redes hoef dit julle nie bang te maak nie. Wat hierdie mense nie weet nie, is dat hulle julle eintlik ’n guns doen: hulle trek al die aandag na julle toe. Almal, selfs mense wat nie eens Jode is nie, sal nuuskierig wees om te hoor wat julle sê. So sal hulle die goeie nuus hoor, of hulle nou wil of nie!