Matthew 10:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as die huis dit waardig is, laat julle vrede daaroor kom; maar as dit nie waardig is nie, laat julle vrede na julle terugkeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As julle in daardie huis welkom is, sal God se vrede daarop bly. Maar as julle nie welkom is nie, moet julle julle vredesgroet terugtrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | en as die huis dit waardig is, laat julle vrede daarop kom, maar as dit nie waardig is nie, laat julle vrede na julle terugkeer. |
| Afrikaans 1983 | As die huismense se gesindheid goed is, handhaaf julle vredewens vir die huis. Maar as hulle nie goedgesind is nie, trek julle vredewens dan terug. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En as hulle dit waardig is, skenk julle vrede aan hulle; maar as hulle dit nie waardig is nie, laat julle vrede na julle terugkeer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As die mense sê julle is welkom, dan moet julle sê dat die Here se vrede daar sal bly. Maar as hulle sê julle is nie welkom nie, dan moet julle nie sê dat die Here se vrede daar sal bly nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hulle julle met dieselfde vriendelikheid teruggroet, weet julle die saak is reg. Laat die vrede van God oor die mense van daardie huis kom. Maar as hulle julle nie goed ontvang nie, moenie verder sukkel nie. Loop daar weg, julle met die vrede wat julle bring en alles daarmee saam. |