Matthew 10:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nadat Hy sy twaalf dissipels na Hom geroep het, het Hy hulle mag gegee teen onrein geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het sy twaalf dissipels na Hom toe geroep en aan hulle die volmag gegee om onrein geeste uit mense te dryf en elkeen met ’n siekte of kwaal gesond te maak.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.
Afrikaans 1983 Jesus het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle mag gegee om onrein geeste uit te dryf en om elke soort siekte en kwaal gesond te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het toe sy twaalf dissipels nader geroep en aan hulle gesag oor •onrein geeste gegee om hulle te kan uitdryf en om elke siekte en elke kwaal gesond te kan maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het sy twaalf dissipels na Hom toe geroep. Hy het vir hulle krag gegee om onrein geeste uit mense te jaag en om al die siek mense gesond te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna roep Jesus sy twaalf dissipels eenkant toe.