Mark 9:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En skielik, toe hulle rondgekyk het, sien hulle niemand meer nie, behalwe Jesus alleen by hulleself. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Skielik, toe hulle begin rondkyk, sien hulle niemand anders meer by hulle nie, net Jesus. |
| Afrikaans 1933/1953 | En meteens kyk hulle rond en sien niemand meer by hulle nie, behalwe Jesus alleen. |
| Afrikaans 1983 | En meteens, toe hulle weer kyk, sien hulle niemand meer nie, net Jesus alleen by hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle rondkyk, sien hulle skielik niemand behalwe net Jesus by hulle nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die drie dissipels het dadelik rondgekyk, maar hulle het net vir Jesus gesien, niemand anders nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met die knip van ’n oog was alles en almal weg. Hulle het rondgekyk, maar nog net vir Jesus by hulle sien staan. |