Mark 9:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar was 'n wolk wat hulle oorskadu, en 'n stem het uit die wolk gekom en gesê: Dit is my geliefde Seun; luister na hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het ’n wolk hulle oordek en ’n stem het uit die wolk gesê: “Hý is my Seun, die Een wat Ek liefhet. Doen wat Hy vir julle sê.”
Afrikaans 1933/1953 En daar kom 'n wolk wat hulle oordek; en uit die wolk kom 'n stem wat sê: Dit is my geliefde Seun, luister na Hom!
Afrikaans 1983 Daar het toe 'n wolk gekom wat sy skaduwee oor hulle laat val het; en uit die wolk het daar 'n stem gekom: “Dit is my geliefde Seun. Luister na Hom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar kom toe 'n wolk wat 'n skaduwee oor hulle gooi, en uit die wolk kom daar 'n stem: “Dit is my Seun, my geliefde, luister na Hom! ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar het toe 'n wolk oor hulle gekom. Hulle het gehoor God praat uit die wolk. God het gesê: “ Dit is my Seun, Ek is lief vir Hom. Julle moet doen wat Hy sê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die skaduwee van ’n groot wolk val toe op hulle. Iemand praat toe uit die wolk: “Dit is die Seun wat Ek liefhet. Luister na Hom.”