Mark 9:50 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sout is goed, maar as die sout sy soutgehalte verloor het, waarmee sal julle dit smaak? Hou sout in julleself en hou vrede met mekaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sout doen goeie werk. Maar as dit sy krag verloor het, hoe sal jy dit weer sout kan maak? Julle lewe moet soutkwaliteit hê, en julle moet in vrede saam met mekaar lewe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle hê en vrede hou met mekaar. |
| Afrikaans 1983 | “Sout is goed, maar as sout sy krag verloor het, waarmee sal 'n mens dit weer sout maak? “Julle moet werklik sout wees en in vrede met mekaar lewe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sout is goed, maar as sout smaakloos geword het, waarmee sal julle dit weer smaak gee? Julle moet sout in julleself hê en in vrede met mekaar leef. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sout is nodig vir kos, maar as die sout nie meer soos sout smaak nie, dan kan dit nie meer sout wees nie. Julle moet wees soos goeie sout in kos, daarom moet julle in vrede met mekaar lewe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sout is goed, maar as dit sy smaak verloor, wat dan? Hoe kry ’n mens dit dan weer sout? |