Mark 9:47 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as jou oog jou aanstoot gee, ruk dit uit; dit is beter vir jou om met een oog in die koninkryk van God in te gaan as om twee oë te hê om in die hel vuur gewerp te word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is vir jou beter om met een oog in God se koninkryk in te gaan, as om met twee oë en al in die hel te beland |
| Afrikaans 1933/1953 | En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van God in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word, |
| Afrikaans 1983 | En as jou oog jou van My afvallig laat word, pluk hom uit! Dit is beter dat jy met een oog die koninkryk van God ingaan as dat jy altwee oë het en in die hel gegooi word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit! Dit is beter vir jou om met een oog die •koninkryk van God in te gaan as om met twee oë in Gehenna gegooi te word, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As dit jou oog is wat jou laat ophou glo, ruk dit uit. Dit is beter om een oog te hê en die lewe te ontvang wat kom van God, die Koning, as om met twee oë na die hel te gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jou oog die hele tyd net na verkeerde dinge wil kyk, ruk dit uit. Sorg liewer dat jy deel van God se nuwe wêreld is, al is dit met net een oog, want dit is beter as om met twee oë in die hel te sit. |