Mark 9:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as jou voet jou aanstoot gee, kap dit af; dit is beter vir jou om in die lewe in te gaan as om twee voete te hê om in die hel gewerp te word, in die vuur wat nooit uitgeblus sal word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 En as jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is vir jou beter om met net een voet te lewe as om met twee voete en al in die hel te beland.
Afrikaans 1933/1953 En as jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te hê en in die hel gewerp te word in die onuitbluslike vuur,
Afrikaans 1983 En as jou voet jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy kreupel die lewe ingaan as dat jy altwee jou voete het en in die hel gegooi word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As jou voet jou laat struikel, kap dit af! Dit is vir jou beter om kreupel die lewe in te gaan as om met twee voete in Gehenna gegooi te word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En as dit jou voet is wat jou laat ophou glo, kap dit af. Dit is beter om kreupel te wees en die ewige lewe te ontvang as om twee voete te hê en na die hel te gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dieselfde geld vir jou voete of oë. As jou voet veroorsaak dat jy die verkeerde pad loop, kap dit af. Gaan liewer kruppel die ewige lewe in as om met twee voete in die hel gegooi te word.