Mark 9:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want elkeen wat vir julle 'n beker water gee om te drink in my Naam, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon nie verloor nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek verseker julle, as enigiemand vir julle ’n beker water gee omdat julle van die Messias se mense is, sal God hom beslis daarvoor beloon.”
Afrikaans 1933/1953 Want elkeen wat vir julle in my Naam 'n beker water gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.
Afrikaans 1983 “Elkeen wat vir julle 'n beker water te drinke sal gee omdat julle aan Christus behoort, hy sal beslis die beloning daarvoor kry. Dit verseker Ek julle.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie vir julle in my Naam 'n beker water te drinke gee omdat julle aan Christus behoort – •Amen, Ek sê vir julle: Hy sal beslis nie sy beloning verbeur nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As iemand vir julle 'n beker water gee omdat julle aan Christus behoort, dan sal God vir hom baie goeie dinge gee. Dit is seker.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Luister ’n bietjie hier. Al sou iemand julle net ’n bietjie water gee omdat julle Christene is, sal God vir so ’n persoon iets teruggee.