Mark 9:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Jesus sê: Verbied hom nie, want daar is niemand wat 'n wonder in my Naam sal doen, wat ligtelik van My kan kwaadpraat nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie hom keer nie,” het Jesus gesê, “want niemand wat wonders doen in my Naam sal van My kan kwaadpraat nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Jesus sê: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat 'n krag in my Naam sal doen en gou van My sal kan kwaadspreek nie; |
| Afrikaans 1983 | “Moet hom nie keer nie,” sê Jesus, “want daar is niemand wat 'n kragtige daad in my Naam sal doen en net daarna minagtend van My sal kan praat nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Jesus het gesê: “Moet hom nie keer nie, want niemand wat in my Naam 'n kragtige daad doen, kan net daarna sleg van My praat nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Jesus het gesê: “Julle moet hom nie keer nie. As iemand my Naam gebruik om 'n wonderwerk te doen, dan sal hy nie gou sleg praat oor My nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle moes dit nie gedoen het nie,” sê Jesus. “’n Persoon wat die een oomblik ’n kragtige ding namens My doen, kan nie die volgende oomblik omdraai en lelik van My praat nie. |