Mark 9:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Johannes antwoord hom en sê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf, en hy volg ons nie; en ons het hom verbied, omdat hy ons nie volg nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Johannes sê toe vir Hom: “Leermeester, ons het iemand gesien wat u Naam gebruik om bose geeste uit te dryf, maar ons het hom probeer keer, want hy is nie een van ons groep nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe antwoord Johannes Hom en sê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet, omdat hy ons nie volg nie. |
| Afrikaans 1983 | Johannes het toe vir Hom gesê: “Here, ons het iemand gesien wat in u Naam bose geeste uitdrywe. Ons het hom probeer keer, omdat hy ons nie volg nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Johannes het vir Hom gesê: “Meester, ons het iemand in u Naam demone sien uitdryf, en ons het hom probeer keer, omdat hy ons nie volg nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Johannes het vir Jesus gesê: “Meneer, ons het iemand gesien wat u Naam gebruik om duiwels uit mense te jaag. Ons het hom probeer keer omdat hy U nie saam met ons volg nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Johannes sê toe: “Here, ons het ’n vreemde persoon gesien wat sommer demone verjaag. Hy is nie een van ons nie, maar hy het u Naam gebruik om dit te doen. Ons het vir hom gesê om op te hou.” |