Mark 9:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Elkeen wat een van sulke kinders in my Naam ontvang, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang nie My nie, maar Hom wat My gestuur het.
Afrikaans (NLV) 2011 “As jy een van hierdie kindertjies in my Naam verwelkom, verwelkom jy vir My. En as jy My verwelkom, verwelkom jy nie net vir My nie; jy verwelkom ook my Vader wat My gestuur het.”
Afrikaans 1933/1953 Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My. En elkeen wat My ontvang, ontvang nie My nie, maar Hom wat My gestuur het.
Afrikaans 1983 “Elkeen wat so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang nie net vir My nie, maar ook vir Hom wat My gestuur het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wie een van hierdie kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My, en wie My ontvang, ontvang nie My nie, maar Hom wat My gestuur het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer iemand vir een van die kinders wat aan My behoort, sê hy is welkom, dan sê hy Ek is ook welkom by hom. En wanneer Ek by iemand welkom is, dan is my Vader wat My gestuur het, ook welkom by hom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wie mooi en goed optree teenoor een van hierdie kinders omdat hy in My glo, tree eintlik mooi en goed teenoor My op. En as iemand mooi en goed teenoor My optree, tree hy eintlik goed op teenoor God wat My gestuur het.”