Mark 9:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het gaan sit en die twaalf geroep en vir hulle gesê: As iemand eerste wil wees, sal hy die laaste van almal en almal se dienaar wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarop gaan sit Jesus en roep die twaalf na Hom toe. Toe sê Hy vir hulle: “As jy die vernaamste wil wees, moet jy agter almal inval en almal se dienaar wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees. |
| Afrikaans 1983 | Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: “As iemand eerste wil wees, moet hy laaste van almal en almal se dienaar wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat Jesus gaan sit het, het Hy die twaalf dissipels geroep en vir hulle gesê: “As iemand die belangrikste wil wees, dan moet hy die minste belangrik van almal wees en dan moet hy almal dien.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus gaan sit toe en roep sy twaalf getrouste volgelinge nader. “Die een wat die belangrikste wil wees, moet die minste van almal word. Hy moet bereid wees om ander mense te dien.” |