Mark 9:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hulle het daardie woord nie verstaan nie en was bang om Hom te vra.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het dit nie verstaan nie, maar was te bang om Hom daaroor uit te vra.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het die gesegde nie verstaan nie en was bang om Hom uit te vra.
Afrikaans 1983 Hulle het dit nie verstaan nie, maar hulle was te bang om Hom daaroor uit te vra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het hierdie uitspraak nie verstaan nie en was bang om Hom daaroor uit te vra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dissipels het nog nie verstaan wat Jesus gesê het nie en hulle was te bang om vir Hom te vra wat sy woorde beteken.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy volgelinge het nie mooi verstaan waaroor Hy praat nie, maar hulle was te bang om Hom verder uit te vra.