Mark 9:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom alleen: Waarom kon ons Hom nie uitdryf nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Later, toe Jesus in die huis was, het sy dissipels Hom persoonlik kom vra: “Waarom kon ons nie daardie onrein gees uitdryf nie?”
Afrikaans 1933/1953 En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie?
Afrikaans 1983 Nadat Jesus huis toe gegaan het, toe hulle alleen was, het sy dissipels Hom gevra: “Waarom kon ons die gees nie uitdrywe nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat Jesus 'n huis binnegegaan het, en hulle alleen was, het sy dissipels Hom gevra: “Waarom kon ons dan die gees nie uitdryf nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het huis toe gegaan, en toe sy dissipels alleen by Hom was, het hulle vir Hom gesê: “Ons kon nie die onrein gees uitjaag nie. Hoekom nie?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nadat Jesus-hulle weer by die huis ingegaan het, vra sy dissipels Hom stilletjies: “Hoekom kon ons nie van die bose gees ontslae raak nie?”