Mark 9:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dadelik het die vader van die kind uitgeroep en met trane gesê: Here, ek glo; help my ongeloof.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek glo!” roep die kind se pa dadelik uit. “Help my tog om nie meer te twyfel nie!”
Afrikaans 1933/1953 En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!
Afrikaans 1983 “Ek glo,” roep die seun se pa dadelik uit. “Help my in my ongeloof.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Onmiddellik roep die vader van die kind uit: “Ek glo! Kom my ongeloof te hulp! ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die seun se pa het dadelik hard gesê: “Ek volg U nog nie, maar ek glo, help my asseblief.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die seun se pa roep toe uit: “Ek vertrou, en as ek hier en daar nie vertrou soos ek moet nie, help my asseblief daarmee ook.”