Mark 9:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ná ses dae het Jesus Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom geneem en hulle alleen op 'n hoë berg gelei, en Hy het voor hulle van gedaante verander.
Afrikaans (NLV) 2011 Ses dae later neem Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes teen ’n hoë berg uit waar hulle heeltemal alleen was. En daar, terwyl hulle na Jesus gekyk het, het sy voorkoms verander.
Afrikaans 1933/1953 En nses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle alleen op 'n hoë berg in die eensaamheid geneem; en Hy het voor hulle van gedaante verander,
Afrikaans 1983 Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle op 'n hoë berg gebring waar hulle heeltemal alleen was. Toe het sy voorkoms voor hulle oë verander,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ses dae later neem Jesus vir •Petrus, Jakobus en Johannes saam en lei hulle teen 'n hoë berg uit waar hulle heeltemal alleen was. Hy het toe voor hulle van gedaante verander.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom geneem tot op 'n hoë berg. Daar was nie ander mense by hulle nie. Daar by hulle het Jesus toe skielik begin anders lyk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ses dae het verbygegaan. Jesus vat toe vir Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom teen ’n hoë berg uit. Niemand anders was saam met hulle nie. Skielik, voor die oë van die drie mans, het Jesus heeltemal anders begin lyk.