Mark 9:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En een uit die skare het geantwoord en gesê: Meester, ek het my seun, wat 'n stomme gees het, na U gebring;
Afrikaans (NLV) 2011 Iemand uit die skare het Hom geantwoord: “Leermeester, ek het my kind na U toe gebring omdat hy ’n bose gees het wat hom stom maak.
Afrikaans 1933/1953 En een uit die skare antwoord en sê: Meester, ek het my seun wat 'n stomme gees het, na U gebring;
Afrikaans 1983 Een van die mense het Hom geantwoord: “Meneer, ek het my seun na U toe gebring omdat hy van 'n gees besete is wat hom stom maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Een uit die skare het Hom geantwoord: “Meester, ek het my seun na U gebring; hy het 'n gees in hom wat hom stom maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Een van die mense het vir Jesus geantwoord: “Meneer, ek het my seun na U toe gebring, want daar is 'n onrein gees in hom wat hom stom maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Meneer,” sê een van die mense toe, “ek het my seun hiernatoe gebring. ’n Bose gees het hom beetgepak sodat hy nie ’n woord kan uitkry nie.