Mark 9:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek sê vir julle dat Elía waarlik gekom het, en hulle het aan hom gedoen alles wat hulle wou, soos van hom geskrywe is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tog sê Ek vir julle, Elia het reeds gekom en hulle het met hom gemaak net wat hulle wou, presies soos daar van hom in die Skrif geskryf staan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ek sê vir julle dat El¡a al gekom het, en hulle het aan hom gedoen alles wat hulle wou, soos van hom geskrywe is. |
| Afrikaans 1983 | Maar Ek sê vir julle: Elia het reeds gekom, en die mense het met hom gemaak wat hulle wou, net soos daar oor hom geskrywe staan.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Ek sê vir julle: Elia het reeds gekom en hulle het aan hom gedoen wat hulle wou, soos daar oor hom geskryf staan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sê vir julle: Elia het al klaar gekom, en die mense het met hom alles gedoen wat hulle wou doen. Dit het gebeur soos die profete oor hom geskryf het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar luister nou mooi wat Ek vir julle sê: Elia was al hier. Mense het met hom ook gemaak net wat hulle wou, presies soos ons in die Skrif oor hom lees.” |