Mark 9:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy antwoord en sê vir hulle: Elía kom voorwaar eerste en herstel alles; en hoe daar geskrywe is van die Seun van die mens, dat Hy baie moet ly en verwerp word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het geantwoord: “Elia kom inderdaad eers om alles weer in orde te kry. Hoe staan daar dan oor My, die Seun van die Mens, geskryf dat Ek baie moet ly en verneder moet word? |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Dis waar, El¡a kom eers om alles te herstel; en tog, hoe staan daar dan van die Seun van die mens geskrywe dat Hy baie moet ly en verag word? |
| Afrikaans 1983 | “Elia kom wel eers om alles weer reg te maak,” antwoord Hy hulle. “En hoe staan daar ook oor die Seun van die mens geskrywe? Hy moet baie ly en verag word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het hulle geantwoord: “Elia kom inderdaad eers om alles te herstel. En waarom staan daar dan geskryf oor die Seun van die Mens dat Hy baie moet ly en verag word? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir hulle gesê: “ Elia moet eers kom om alles gereed te maak. Maar hoekom het die profete geskryf dat Ek, die Seun van die mens, baie swaar moet kry en dat die mense slegte dinge sal doen aan My? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elia sal eers kom om alles reg te kry. Maar wat staan daar in die Skrif oor My? Daar staan dat die Seun van die mens eers moet swaarkry en dat mense Hom moet verneder en verwerp. |