Mark 9:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het daardie woord by hulleself gehou en onder mekaar gevra wat die opstanding uit die dode sou beteken.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het dit toe vir hulleself gehou, maar hulle het onder mekaar bly redekawel oor wat hierdie “opstaan uit die dood” waarvan Jesus praat, beteken.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het die woord vir hulleself gehou en onder mekaar gevra wat dit beteken om uit die dode op te staan.
Afrikaans 1983 Hulle het hulle toe aan hierdie opdrag gehou, maar onder mekaar geredeneer oor wat dit beteken as Hy sê dat die Seun van die mens uit die dood sal opstaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het dié saak vir hulleself gehou, terwyl hulle onderling bespiegel het wat “uit die dood opstaan” beteken.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dissipels was gehoorsaam, maar hulle het met mekaar gepraat en gevra wat dit beteken om weer te begin lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het niks gesê nie, maar lank met mekaar gesels oor wat Jesus bedoel met “opstaan uit die dood”.