Mark 8:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy dissipels antwoord Hom: Waarvandaan kan iemand hierdie manne hier in die woestyn met brood versadig? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy dissipels antwoord Hom toe: “Hoe op aarde sal ons in hierdie verlate wêreld kos kry vir al hierdie mense?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy dissipels antwoord Hom: Waarvandaan sal 'n mens hulle hier in die woestyn kan versadig met brood? |
| Afrikaans 1983 | Maar die dissipels sê vir Hom: “Waar sal 'n mens in hierdie verlatenheid genoeg brood vir hulle kan kry?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy dissipels het Hom egter geantwoord: “Waar in hierdie verlate plek sal mens brood kan kry om hulle te versadig?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus se dissipels het vir Hom gevra: “Waar sal ons genoeg brood kry vir al die mense? Ons is ver van 'n stad, hier woon niemand nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy volgelinge sê toe: “Waar op aarde gaan ons hier in die grammadoelas kos kry vir so baie mense?” |