Mark 8:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Elkeen dan wat hom vir my en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag; ook vir hom sal die Seun van die mens hom skaam as Hy kom in die heerlikheid van sy Vader saam met die heilige engele. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy jou vir My en vir my boodskap skaam te midde van vandag se ontroue en sondige mense, sal Ek, die Seun van die Mens, My ook vir jou skaam wanneer Ek terugkeer met die heilige engele, beklee met die heerlikheid van my Vader.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele. |
| Afrikaans 1983 | Wie hom dan vir My en my woorde skaam te midde van hierdie ontroue en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom saam met die heilige engele, en beklee is met dieselfde heerlikheid as sy Vader.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want wie hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die Mens Hom skaam wanneer Hy in die heerlikheid van sy Vader kom, saam met die heilige engele.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat nou lewe, doen baie sonde. Hulle doen nie wat God wil hê nie. As iemand doen soos hulle en hy wil My nie ken nie en hy wil nie glo wat Ek sê nie, dan sal Ek, die Seun van die mens, hom ook nie wil ken nie. Ek sal hom ook nie wil ken nie wanneer Ek saam met die heilige engele kom en Koning is soos my Vader Koning is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As iemand hom vir My of my boodskap skaam voor hierdie klomp goddelose, slegte mense in die wêreld, sal Ek My vir daardie persoon skaam wanneer Ek by my wonderlike groot Vader met al sy engele is. |