Mark 8:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe Hy omgedraai het en sy dissipels aanskou, het Hy Petrus bestraf en gesê: Gaan weg agter My, Satan, want jy geniet nie die dinge wat van God is nie, maar die dinge wat van die mense is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het Hom egter omgedraai, na sy dissipels gekyk en vir Petrus bestraf met die woorde: “Gee pad agter My, jou satan! Jy dink soos mense dink. Jy dink nie soos God dink nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Hy het Hom omgedraai, en terwyl Hy sy dissipels aankyk, het Hy Petrus bestraf en gesê: Gaan weg agter My, Satan! Want jy bedink nie die dinge van God nie, maar die van die mense. |
| Afrikaans 1983 | Hy het egter omgedraai, na sy dissipels gekyk en vir Petrus berispe. “Moenie in my pad staan nie, Satan,” het Hy gesê, “want jy dink nie aan wat God wil hê nie maar aan wat die mense wil hê.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Hy het omgedraai, na sy dissipels gekyk en Petrus berispe: “Gaan weg agter my, Satan! Want jy bedink nie die dinge van God nie, maar die dinge van mense.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het omgedraai en na die ander dissipels gekyk. Hy het met Petrus geraas en gesê: “Gaan weg van My, Satan. Jy dink nie aan wat God wil hê nie, jy dink aan wat die mense wil hê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus het egter omgedraai en na sy volgelinge gekyk. Hy praat toe streng met Petrus: “Gee pad agter My, Satan!” sê Hy. “Al wat vir jou saak maak, is wat mense wil hê. Jy gee nie om wat God wil hê nie.” |