Mark 8:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy het hulle begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly en deur die ouderlinge en die owerpriesters en skrifgeleerdes verwerp moet word en gedood word en ná drie dae opstaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het toe by hulle begin tuisbring dat God bepaal het dat Hy, die Seun van die Mens, baie dinge moet ly: Hy sal deur die familiehoofde, die priesterhoofde en die skrifkenners verwerp word. Hy sal doodgemaak word, maar sal ná drie dae weer opstaan.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Hy hulle begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en ndrie dae opstaan.
Afrikaans 1983 Jesus het hulle toe begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly, dat Hy deur die familiehoofde en die priesterhoofde en die skrifgeleerdes verwerp moet word en doodgemaak moet word, en drie dae later moet opstaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het begin om hulle te leer dat die •Seun van die Mens baie moet ly, deur die familiehoofde, leierpriesters en skrifkenners verwerp en doodgemaak moet word, en ná drie dae moet opstaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Van toe af het Jesus vir sy dissipels begin verduidelik dat die familieleiers, die priesterleiers en die skrifgeleerdes baie slegte dinge sal doen aan Hom, die Seun van die mens. Hulle sal Hom nie aanvaar nie, hulle sal Hom doodmaak, maar ná drie dae sal Hy weer lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe begin Hy met hulle oor Homself praat. Hy vertel hulle dat die Redder, die Seun van die mens, baie swaar gaan kry en dat al die belangrikste leiers van die Jode, of dit op politieke of godsdienstige gebied is, teen Hom gaan draai. Hulle gaan Hom doodmaak, maar na drie dae sal Hy weer lewendig word.